Participant Login

Fiela se Kind

Average rating from 1 reviews

All reviews

Lukas van Rooyen word groot in die Knysna woud, ‘n seun vanuit‘n houtkapper familie. Toe hy 3 jaar oud is, wandel hy weg buite sig en wordnooit weer gesien nie. In dieselfde tyd, vêr oor die berge in die Langkloof, word Fiela Komoetie een nag wakker van ‘n kind wat staan en huil buite haardeur. Sy ontferm haar oor hom, gee hom ‘n tuiste en maak haar groot as haar eie– haar geliefde hanskind, Benjamin Koemoetie.
Toe Benjamin omtrent 12 is, daag twee sensusmanne op op die plaas om die mense te tel. Fiela probeer Benjamin wegstuur om uit hul oë tebly, want Fiela is bruin en Benjamin is wit met blou oë. Toe die sensusmanne hom gewaar, is hulle geskok. Hulle weet egter van Lukas van Rooyen wat destyds weggeraak het in die Bos en besluit om ondersoek in te stel. Is hierdie kind Benjamin of Lukas?
Benjamin word uit sy tuiste verwyder en geforseer om verder te leef as Lukas van Rooyen, vêr van die oop vlaktes van die Karoo, in die versmorende Knysna Bos. Hy hou niks van sy nuwe ouers en irriterende nuwe sussie nie. Hy voel of hy nêrens inpas nie en soos hy ouer word, begin hy alles wat bevraagteken wat hy ken en wie hy is. Benjamin of Lukas?
My gedagtes: Ek het hierdie boek in Matriek laas gelees en dit was lekker om dit weer te lees saam die boekklub. Die boek se temas is vandag nog van toepassing  - die klasse, rasse, tale, werksklasse, titels, families, ens.
Show more Show less