Participant Login

Vlug

Average rating from 1 reviews

All reviews

Diep in die DRK is Milla Roux ‘n veearts wat in ‘n rehabilitasie sentrum werk met sjimpansees. Sy het 5 jaar gelede daar aangekom nadat sy deur vreeslike trauma was in Suid Afrika. Bang om weer lief te word en om te gee vir mense en so weer deur onbeskryflike pyn te gaan, wy Milla al haar tyd en aandag aan die sjimpansees.

Graham Saunders is ‘n dokter in die DRK wat werk vir Dokters Sonder Grense. So baie soos wat hy sy werk geniet, begin hy ook oorwerk raak soos al sy kollegas. Die pasiente word net meer soos die geweld in die land toeneem en die Dokters Sonder Grense wil hul personeel daar wegkry. Dit raak net te gevaarlik om in sulke onstabiele toestande te werk en die gewondes neem net toe.

Graham vlug met die laaste helikopter uit die kamp, maar moet net gou vir nog ‘n paar mense optel oppad land uit. Milla moet saam, maar sy weier om die drie baba sjimansees daar te los. Haar enigste manier is om hulle skelm te vervoer in haar ou betroubare Land Cruiser. Gewond, desperaat en bang, probeer Milla dit alles self doen maar sy kan net nie. Graham spring toe saam haar in die Land Cruiser en so is hulle oppad na Suid Afrika.

Die drama is nog lank nie verby nie en nog geweld, onsekerheid, slegte paaie, grensposte, Ebola en drie siek sjimpansees maak dit baie moeilik vir Graham en die gewonde Milla om hul bestemming in een stuk te haal.

My gedagtes: Sjoe, dit was nou ‘n lekker spannende boek! Al wat jammer is, is dat ek nie mal was oor Milla nie. Ja, sy’s deur baie trauma, maar sy stel ander mense se lewens in gevaar met haar hardkoppigheid en kom dit nie eers agter nie. Elke aksie het gevolge en sy verstaan dit duidelik nog nie goed nie.
Show more Show less